Eerste Aanbieding Begin oor:

Dae
Ure
Minute

Ontmoet die Spreker

Eben de Jager is ‘n dinamiese internasionale spreker met 17 jaar ondervinding in publieke evangelisasie. Hy het die vermoë om komplekse teologiese konsepte in maklik verstaanbare taal te verduidelik en fokus veral op eindtydgebeure soos beskryf in die Bybelboeke Daniël en Openbaring, en problematiese leerstellings wat in verskillende denominasies aangehang word. Sy lesings is verwerk en gepubliseer in 9 boeke. Hy het ook 230 populêre artikels oor verskillende teologiese temas aanlyn, en verskeie akademiese artikels in geakkrediteerde teologiese joernale gepubliseer. Hy het in 2023 sy PhD in Nuwe Testament verwerf aan die Noordwes-Universiteit met ‘n tesis waarin sy navorsing oor die vroeë kerkvaders se beskouing van die gawe van tale uiteengesit word.

Volg die Reeks Hier:

Onderwerpe in die Reeks

Sondag, 21 Junie
Maandag, 22 Junie
Dinsdag, 23 Junie
Woensdag, 24 Junie
Donderdag, 25 Junie
Vrydag, 26 Junie
Sondag, 28 Junie
Maandag, 29 Junie
Dinsdag, 30 Junie
Woendag, 01 Julie
Donderdag, 02 Julie
Vrydag, 03 Julie

Beeld van die Toekoms
Karnivorniese Koninkryke
Gediertes vandie Apokalips
Skouspel van Spraak – Deel 1
Skouspel van Spraak – Deel 2
Die Eerste Vrou op die Maan
Wat om die Weet oor die Wet
Die Geheime Wegraping
Gedagtes oor die Dood
Lasarus en die Ryk Man
Die Seel van God
Gedagtes oor die Hel

Wie is AWR Afrikaans?

Jou Afrikaanse Adventiste Christen Radiostasie Jou Keuse … Jou Radio! Welkom by ’n lewende klankkanaal van hoop, waarheid en geloof. Ons ateljee is geleë by die Eloffsdal Advent-Sentrum in Pretoria, Suid-Afrika, en ons saai 24 uur per dag, 7 dae per week, uit tot in die uithoeke van die wêreld. 📻 Ons primêre uitsaaitaal is Afrikaans, met geselekteerde programme ook in Engels, om ’n wyer gehoor te bedien. 🌍 As die Afrikaanse stem van Adventiste Wêreldradio (AWR), fokus ons op Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners, maar ons boodskap van geloof, liefde en geregtigheid bereik luisteraars wêreldwyd.